AMANDA STRYDOM

Vrou By Die Spieel Songtext / Lyric


AMANDA STRYDOM - Vrou By Die Spieel Songtext


Sy sit by die venster,

Staar na die park

Die tyd het diep kepe om haar vol mond gehark

Sy hoor die sirenes - sy weet dit word laat

Sy bly nogtans wakker, en kyk af na die straat

'n TV blêr langsaan sy staan vinnig op

Uit haar stoel by die venster

Sy skink nog 'n dop

Die park lyk verlate,

van waar sy hier staan

En hoog in die bome hang 'n geel sekelmaan



En die Kentucky Fried Chicken, die Y.M.C.A.

Die skool vir gestremdes en die Pick 'n Pay

Staan strak in die maanskyn soos bakens van lig

Sy raak aan haar wang

Glimlag en sug






Sy stap na haar kamer,

gaan staan voor die spieël

Sy trek stadig uit, dis 'n ou ritueel

En nakend bekyk hul

mekaar vir 'n uur

Die vrou met die boggel

en die vrou teen die muur



Dit voel of sy lig word

sy droom sy kan vlieg

Sy tol in die rondte,

laat die spieël vir haar lieg

Sy lig eers versigtig haar regterhand hoog

En dan volg die linker met 'n sierlike boog

En stadig verdwyn die gedrog op haar rug

En sy dans soos 'n vlam oor die vloer

Deur die sitkamer, die badkamer, op die balkon

Waar die maan oor die park vir haar loer



En die Kentucky Fried Chicken, die Y.M.C.A.

Die skool vir gestremdes en die Pick 'n Pay

Staan blink in die maanlig soos tempels van hoop

En sy dink, 'Ek sal môre 'n rooi rok gaan koop'

Sy dink, 'Ek sal môre die rooi rok gaan koop'

Dieser Songtext wurde von www.Deine-Songtexte.com heruntergeladen :)

"Vrou By Die Spieel" Video ansehen

Was denkst du über "Vrou By Die Spieel"?