AMANDA STRYDOM

Kerse Teen Die Donker Songtext / Lyric


AMANDA STRYDOM - Kerse Teen Die Donker Songtext


Sy grendel die deure

Hang haar jas op

Klim uit haar stiletto's

Hoor haar hart klop



En hard klop die stilte

Die stilte bal vuis

En stilte word magtig

In 'n leë donker huis



Gestroop van grimering

Gestroop van gesig

Sit sy op die rusbank

En wens sy kon vlug






En sy brand kerse teen die donker

Kerse, groot en klein

Kerse teen die ou verdriet

Kerse teen die pyn



Hul moes die grendels oopbreek

Sirenes het gelui

Die brandweer het gesukkel

Om toegang te verkry



Hul vind haar op die rusbank

'n vuur gevang in smart

Om haar 'n duisend kerse

Eens kleurvol, nou pikswart



Niemand by haar begrafnis

Net 'n man geklee in blou

Die ondernemers het gewonder

Hoe hy verbind was aan die vrou



Die man in blou het niks gesê

Net lelies op haar graf gelé

En weggeloop met al sy leed

Na wie weet waar, sal God net weet

Dieser Songtext wurde von www.Deine-Songtexte.com heruntergeladen :)

"Kerse Teen Die Donker" Video ansehen

Was denkst du über "Kerse Teen Die Donker"?