AMANDA STRYDOM

Ek Loop Die Pad Songtext / Lyric


AMANDA STRYDOM - Ek Loop Die Pad Songtext


Ek loop die pad al lank, my lam

so kaalvoet deur die kou

van doeriekant se doringveld

en kyk hoe lyk ek nou

Ek loop die pad so sonder hoed

deur son en wind en grou

so kaalvoet op die slingerpad

en kyk hoe lyk ek nou






My lam, die gras is soms so groen

die son is soms so lou

maar ek loop hierdie pad alleen my lam

en kyk hoe lyk ek nou

Onthou jy nog hoe ons kon loop

so loslyf en verspot

so vlieg - vlieg oor die koppies heen

'n Ragab en 'n Lot



Maar nou loop ek alleen, my lam

so kaalvoet deur die kou

en soms, net soms, dan wonder ek

my lam, waar is jy nou

en soms, net soms, dan wonder ek

my lam, waar is jy nou?

Dieser Songtext wurde von www.Deine-Songtexte.com heruntergeladen :)

"Ek Loop Die Pad" Video ansehen

Was denkst du über "Ek Loop Die Pad"?