AMANDA STRYDOM

Ek Het Gedroom Songtext / Lyric


AMANDA STRYDOM - Ek Het Gedroom Songtext


Ek het gedroom jy't opgestaan uit jou dood

en aan my deur kom klop soos altyd met blomme, wyn en brood

jy sê: ek moes net vinnig wegkom en jy maak die bottel oop

ek is jammer oor die drama, maar dis die pad wat ek moes loop



Jy gaan sit op die rusbank en glimlag verleë

my mond is droog, my hande beef as ek die glase vir jou gee

het jy enige idee hoe ons gevoel het met jou dood

jy was selfsugtig, jy was wreed, jy sê: Miss Mandy, sny die brood



En so hard soos ek probeer kan ek nie uit die droom ontsnap

en ek sê vir God, Meester, hierdie droom is n siek grap

maar hier sit ons op my rusbank en jy kyk my in die oë

en jy sê ek moet vir altyd in die liefde bly glo

hmm hmm






Ek sny die brood, skink die wyn, sit die blomme in n pot

terwyl jy giggel oor die knipsels uit die Beeld en die Rapport

daar's meer, sê ek, lees Marie Claire en die Huisgenoot

en Litnet het ontplof met huldeblyke na jou dood



van Amsterdam tot Sydney is daar oor jou gerou

en RSG speel sedertdien elke dag n lied van jou

by n uitstalling in Oudtshoorn oor jou lewe en jou werk

het die mense kom kyk en huil, dit was heilig, soos 'n kerk



Dan sit jy jou bord neer, en lê jou kop op my skoot

jy sê: moenie hartseer wees nie, ek is nie regtig dood

solank jy my onthou sal ek lewe in jou kop

en net jy kan besluit om die herinnerings te stop



Miss Mandy, onthou jy hoe't ons Saterdae geloop

deur Hillbrow se strate, ons was jonk en so vol hoop

en onthou jy die pub lunch in die Chelsea hotel,

ons het die slegste bord vis en tjips op aarde bestel



En jou gesig begin verdoof in die strale van die son

en waar jy my op skoot gerus het lê n blou ballon

en ek weet dat jy moes terugkeer na die ander kant

waar jy altyd jonk en vry sal wees en die lewe jou nie brand

Dieser Songtext wurde von www.Deine-Songtexte.com heruntergeladen :)

"Ek Het Gedroom" Video ansehen

Was denkst du über "Ek Het Gedroom"?