AMANDA STRYDOM - Dickie Se Lied Songtext
Dickie is skaars dertien
Sy maak haar lippies rooi
Sy't lankal al haar lappop
Op die ashoop weggegooi
Dickie rook 'n camel
Sy skink 'n glasie wyn
Sy sê dit maak die stemme stil
Al proe dit soos asyn
En Dickie sê sy's eensaam
Dickie sê dis laat
Dickie sê dis tyd dat ek weer huistoe kom en praat
Oor dinge wat verby is
En dinge wat gebeur
Die dinge wat op loer lê
Net buitenkant haar deur
Dickie suig op veertien
Soet dagga uit'n pyp
Sy dans alleen vir niemand
Haar mond is oop en ryp
Dickie staan op agtien
Verwese in die straat
Sy's uitgeleef en deurmekaar
Sy bly aanhoudend praat
En Dickie sê sy's eensaam
Dickie sê dis laat
Dickie sê dis tyd dat ek weer huistoe kom en praat
Oor dinge wat verby is
En dinge wat gebeur
Die dinge wat op loer lê
Net buitenkant haar deur
Net Dickie sien die ou man
Net Dickie hoor hom roep
Sy's tien jaar oud
En hardloop weg
Vir sy hande op die stoep
Iemand het 'n lappop
Op die ashoop weggegooi
Sy was gedaan en stukkend
Geskeur en nie meer mooi nie
'n traan loop oor haar lappopwang
Want dit begin te reën
En daar lê sy ou lappoppie
Op die ashoop so alleen
Dickie drink op twintig haar laaste bitter pil
Haar arms om 'n teddiebeer
Haar lyk is jonk en stil
Falsches Video?
Dieses Video ist aktuell für den Songtext hinterlegt:
https://www.youtube.com/watch?v=6W8k-3ujtzw
Falsch? Dann Trage hier den Link für das richtige Video von YouTube ein.
Was denkst du über "Dickie Se Lied"?